Stefan Vivier's profile

Promo - WEER LIG WOLKSKIP

Weer Lig Wolkskip
Nuwe Afrikaans
Rock n Roll Album
“Sirkels”
Vrystelling datum: 24 September, 2021 (op alle streaming platvorms)

Weer Lig Wolkskip bring ‘n nuwe aanslag tot rock n roll in Afrikaans met
hul debuut album ‘Sirkels’. Die album is die groep se eerste offisiele
vrystelling aan die Afrikaanse musiek scene.
Sirkels word vrygestel met ‘n musiekvideo vir hul enkelsnit “Kajuit” wat
10September op Youtube beskikbaar sal wees.
Al die musiek en lirieke is deur Reinhardt Geyser en Stefan Vivier geskryf
en opgeneem oor ‘n tydperk van 3jaar. Op verskillende plekke en in
verskillende omstandighede. “Ons het so ‘mobile studio’ aan die gang
gehad wat dit altyd moontlik gemaak het om musiek te kon opneem oral
waar ons gaan.”
Die opnames is na Vinnie Enrico in Pretoria geneem om die dromme te
finaliseer. Daarna is meeste van die hoof stemme oor opgeneem deur
Nico Benade by ‘Exclamation Studios’. Nico het ook die vermenging van
die album gedoen uitsluitlik ‘Voor Die Vloed’ wat deur Stefan gedoen is.
Sirkels bestaan uit 12 snitte wat varieer tussen ‘In die stede’ se rustiger
klavier begeleiding wat saamgevleg is met kitaar teksture, tot meer
opgewekde, ritmies-gedrewe snitte soos “Nog praat” en “Is ons al mal,
Herfs.”
“Vir Wel, Kin” dra van beide daardie kenmerke, wat geteig van
eksperimentasie in dinamiek wat op die album gehoor kan word.
Die lirieke speel met kontrastrerende elemente en hoe dit tog in
harmonie kan bestaan. Elke song het ‘n oorspronklikheid uniek aan dit
self. “Ons het probeer om deur middel van verskillende benaderings en
metodes van opname elke song tot sy eie reg te bring, dit is beslis
deurdag.”
Die album se titel ‘Sirkels’ verwys na hoe elke begin voltooi tot ‘n einde of
nuwe begin. Partykeer herhaal sirkels en ander kere los dit op tot nuwes.
As geheel is hierdie album ’n voltooide sirkel, nie net as ’n produk nie
maar ook in die lewenservaring wat die skep daarvan was.
Hierdie album is geïnspireer deur amazing ervarings, verhoudings,
gebeurtenisse, mense en opgemaakte idees van twee mid-20jarige
musiek liefhebbers.

Besighede wat belangstel of vir media geleenthede
Epos: weerligwolkskip@gmail.com
Stefan: 072 7567 118 / Reinhardt: 060 791 9319 / https://linktr.ee/weerligwolkskip
Promo - WEER LIG WOLKSKIP
Published:

Owner

Promo - WEER LIG WOLKSKIP

Published: